We’ve updated our Terms of Use to reflect our new entity name and address. You can review the changes here.
We’ve updated our Terms of Use. You can review the changes here.
/
  • Streaming + Download

    Includes unlimited streaming via the free Bandcamp app, plus high-quality download in MP3, FLAC and more.
    Purchasable with gift card

      $10 USD  or more

     

1.
18. Psalm 23 A: Die Here is my Herder Niks sal my ontbreek nie Niks sal my ontbreek nie A: Hy laat my neerlê In groen weivelde In groen weivelde B: Na waters waar rus is lei hy my heen C: Hy verkwik my siel Hy lei my in die spore van geregtigheid Om sy naam ontwil My beker loop oor A: Al gaan ook in ‘n dal van doodskaduwee Van doodskaduwee A: Ek sal geen onheil vrees nie Want U is met my U is met my B: U stok en u staf die vertroos my. C: U berei die tafel voor my aangesig Teenoor my teenstaanders. U maak my hoof vet met olie My beker loop oor. C: Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe en ek sal in die huis van die Here bly In lengte van dae. A: Die Here is my Herder Niks sal my ontbreek nie Niks sal my ontbreek nie B: Na water waar rus is lei hy my heen  
2.
1. Psalms 121 Die Here is my beskermer Ek kyk op na die berge Kom my hulp daarvandaan? Nee, my hulp kom Van die Here, Wat hemel en aarde gemaak het. Hy laat jou voet Nie struikel nie; Hy wat waak oor jou, slaap nie. Hy wat oor Israel waak, Sal nooit sluimer of slaap nie. Die Here waak self oor jou Die Here is jou beskermer Aan jou regterkant (Aan jou regterkant) Dis son sal jou bedags Nie aantas nie, Nog minder die maan In die nag. Die Here bewaar jou Van alle kwaad En Hy beskerm jou lewe Die Here hou wag oor jou, Of jy kom of gaan, Nou en vir altyd.  
3.
15. Jy sal altyd die leiding neem/Baie baie baie Deuteronomium 28:11 11“Die Here sal jou oorlaai met die goeie: baie kinders, baie diere baie oeste. in die land wat Hy aan jou voorouers belowe het 12Die Here sal op die regte tyd op jou laat val baie reën baie seën op baie werk, Sy ryk voorraadskuur hemel vir jou oopmaak Koor: Jy sal altyd die leiding neem. Jy sal altyd die leiding neem. Jy sal aan nasies kan uitleen, maar self nooit hoef te leen nie. maar self nooit hoef te leen nie. Jy sal altyd die leiding neem. Jy sal altyd die leiding neem. En die Here sal jou die kop maak nie die stert nie. 13As jy luister na Sy woorde As jy doen wat Hy vir jou gee Moenie regs of links kyk nie ^Of van Sy opdragte afwyk nie Nie ander gode navolg Of selfs aanbid nie. Koor: Jy sal altyd die leiding neem. Jy sal altyd die leiding neem.
4.
16. Ek weet wat ek vir jou beplan het Ek weet/ wat ek/ vir jou/ beplan het,” Sê die Here Ek beplan/ voorspoed vir jou, /nie teëspoed nie. Sê die Here Ek wil/ hê/ dat jy hoop/vir die toekoms moet hê. Jy sal na My roep/ en kom bid, Ek sal na jou luister. As jy heelhartig/ na My soek, sal jy My vind. sal jy My vind,” “Ek sal/ jou /uit gevangeniskap/ laat terugkeer. Ek sal/ jou/versamel tussen al die nasies/ waar jy nou is/ en uit al die plekke/ waarheen Ek jou verban het “Ek sal/ jou weer/ terugbring// na die plekke/waarvandaan/ Ek jou/in ballingskap laat gaan het.” Sê die Here Ek weet/ wat HY/ vir MY/ beplan het,” HY beplan/ voorspoed vir MY, /nie teëspoed nie. Sê die Here HY wil hê/ dat EK hoop vir die toekoms moet hê. EK sal na HOM roep/ en kom bid, HY sal na MY/ luister. En As EK heelhartig/ na HOM soek, sal EK HOM vind. As EK heelhartig/ na HOM soek, sal EK HOM vind.
5.
By die kruis 04:22
6. By die kruis V1: Soms voel ek alleen weet ek nie waarheen maar dan praat U woord met my en ek weet ek’s nie alleen nie. V2: Soms twyfel ek weer vergeet ek wat U my leer. Maar dan praat U woord met my Hier’s my hele lewe Heer. V3:En dwaal ek soms af en die wêreld lag. Maar dan praat U woord met my En bring my weer huis toe, Heer. U is my Heer wys my U wee praat deur U woord met my Hiers my hele lewe Heer Hiers my hele lewe Heer Koor: By die kruis, by die kruis kry ek my tweede kans Jesus- wat my sonde wegwas, die Vader- wat my weer ‘n kans gee. Die Gees- wat my nuwe krag gee en lei langs die pad. Herhaal Koor
6.
9. Ek leef/Gemaak vir tweede kanse Pre-chorus: So seker as die son en die maan draai om hul wentelbaan So seker is ek dat U bestaan En Die Wonder van: Koor: Ek leef! Gemaak vir tweede kanse Ek leef! Elke dag gee U my nuwe lewe Om in liefde te vergewe Ek is gemaak vir Tweede Kanse Vers1 Here- hoekom het U my gemaak? Gevorm in my ma se maag ‘n asem wat al groter raak Here Ek soek na wysheid en n pad wat ek verstaan Vers 2 Here Soms wonder ek of U nog weet van die vreemdeling wat hier op aarde bly Here Soms wonder ek of het U vergeet en gaan U my hier laat agterbly Vers 3 Here Maar kyk hoe klein is ek Teen alles wat hier rondom my bestaan? Here As ek vandag sou doodgaan En my bene word soos stof Bring dit tog vir U lof Brug: En hoekom word een gebore in n groot paleis met pilare? En hoekom word een gebore in n gehuggie met sinkplaatgate? Al die stukke -lyk deurmekaar wanneer ek na- die legkaart staar Maar ek weet dis- net die- Meesterbouer- Wat weet hoe pas die stukke weer bymekaar Pre-chorus: So seker as die son en die maan draai om hul wentelbaan So seker is ek dat U bestaan So seker as die son en die maan draai om hul wentelbaan So seker is ek dat U bestaan (Die Wonder van) Die Wonder van Koor: Ek leef! Gemaak vir tweede kanse Ek leef!Elke dag gee U my nuwe lewe Om in liefde te vergewe Ek is gemaak vir Tweede Kanse Koor: Ek leef! Gemaak vir tweede kanse Ek leef!Elke dag gee U my nuwe lewe Om in liefde te vergewe Ek is gemaak vir Tweede Kanse Om in liefde te vergewe Ek is gemaak vir Tweede Kanse  
7.
2. ‘n Nuwe lied (Joh 3:16) V1: Sing tot die Heer ‘n nuwe lied, sing van sy almag en wat dit bied. Jy weet as jy glo, word jou lewe vol van Hom. Koor: So moenie jou rug draai nie, op Sy genade nie, hou sy hand styf vas. hou sy hand styf vas. V2: Sing tot die Heer ‘n nuwe lied, sing van sy liefde en wat dit bied. Jy weet, as jy glo, gee Hy sy seun wat kom red. Koor: V3: Sing tot die Heer ‘n nuwe lied, sing van sy vrede en wat dit bied. Jy weet as jy glo bly Sy Gees binne jou. Koor: Brug: Nuwe note tot Sy eer, vars akkoorde vir my Heer. Hy gee my lewe, Hy is my Heer. Outtro: Want so lief het God die wêreld gehad Dat hy sy enigste seun gegee het Sodat niemand ooit verlore sal gaan Maar die ewige lewe verkry het. V1: Sing tot die Heer ‘n nuwe lied, sing van sy almag en wat dit bied. Jy weet as jy glo, word jou lewe vol van Hom. Koor: So moenie jou rug draai nie, op Sy genade nie, hou sy hand styf vas. hou sy hand styf vas.  
8.
5. Nie uit eie kragte nie. (21/12/90) V1: Ek wou op eie kragte bou, moes oplaas die stryd laat vaar, Want my lewe’t leeg gebly sonder U. Ek wou weet- waarom is die mens so swak en die wêreld nie ons tuiste, Waarom moes Heer Jesus kom om te sterf? Koor: God antwoord: ”Jy is my kind, ‘n uitgesoekte kind. Jesus My enigste Is wat ek gee vir die mens. Wie in Hom glo word almal gered. Hy is jou sterkte, jou krag, jou lewe, glo in Hom. V2: Nou wil ek lewe in U naam, weer die stryd aansê in U krag, want my lewe’t vol geword saam met U. Nou weet ek dat- die Heil’ge Gees my veilig lei, en Heer Jesus my bevry, van my sonde, Here God sorg vir my. Koor: In woorde:Ek is sy kind, ‘n uitgesoekte kind, Jesus sy enigste is wat Hy gee vir die mens, Wie in Hom glo, word almal gered. Hy is my sterkte, my krag, my lewe, ‘k glo in hom.  
9.
11. Godsbeloftes(Fil 6:4) V1a: Heer vanaand twyfel ek weer My gebede bly hang in die lug Wat ek vra is dalk te veel So selfsugtig, so tipies mens V2b: Waar is U beloftes nou? Daar is dan geen antwoord nie! Gee my nou U wysheid Heer my gebede’s U tot eer. (inst) V3a: Maak my oë oop ek wil sien Net U wil Heer soos U my wil lei. ‘k Vertrou net op die Heer ‘k Glo elke woord wat Hy skryf. V4b: Help my om te glo o Heer Leer my tog vertrou op U Die goeie sal die kwaad oorwin As ek vra sal ek ontvang. Koor: ‘k Moenie meer twyfel nie maar maak in alles my begeerte deur gebed en deur smeking en met danksegging aan God my Heer bekend. (instr) Koor: ‘k Moenie meer twyfel nie maar maak in alles my begeerte deur gebed en deur smeking en met danksegging aan God my Heer bekend. //’k moet oor niks besorg wees nie- God belowe dit Ek vra net vir my daagliks brood- ek hou my hande oop want God belowe dit.
10.
Stil voor U 01:29
10. Stil voor U (27/1/93) Here maak my stil voor U, voor U Here gee my nou U vrede diep in my. Laat U woorde van my deel word, Laat dit altyd in my bly, want soveel vreugde gee U my U gee weer hoop in my lewe U maak my altyd tevrede al is dit donker rondom my U gee my liefde vir mense U gee geloof vir die môre al is dit winter rondom my.  
11.
12. Gebed (27/1/93) Hier is ‘n gebed vir my Here ‘n sagte fluistering wat sing uit my hart. Hier is ‘n gebed vir my Here ‘n sagte fluistering wat sing uit my hart. ek wil sing van die Koning wat elke tree van my lewe bepaal. Here, bly tog naby my leer my vertrou op U Here, hierdie mens is swak Net U kan ware vrede gee. U maak die wêreld om my U gee die blomme kleur en U’s my Heer, U’s my Heer (mod) Sonder U verdwaal ek Here vergeet die pad na nuwe lewe maar U bly altyd daar selfs in my verlorenheid en bly my Heer, en bly my Heer. U is vir my ‘n Vader U gee so baie meer as wat ek vra in gebed. Daarom sê ek dankie Koning vir wat U is, genadig, liefde dat U vir my kom haal daar in my verlorenheid en U’s my Heer, U’s my Heer.
12.
12. Gebed (27/1/93) Hier is ‘n gebed vir my Here ‘n sagte fluistering wat sing uit my hart. Hier is ‘n gebed vir my Here ‘n sagte fluistering wat sing uit my hart. ek wil sing van die Koning wat elke tree van my lewe bepaal. Here, bly tog naby my leer my vertrou op U Here, hierdie mens is swak Net U kan ware vrede gee. U maak die wêreld om my U gee die blomme kleur en U’s my Heer, U’s my Heer (mod) Sonder U verdwaal ek Here vergeet die pad na nuwe lewe maar U bly altyd daar selfs in my verlorenheid en bly my Heer, en bly my Heer. U is vir my ‘n Vader U gee so baie meer as wat ek vra in gebed. Daarom sê ek dankie Koning vir wat U is, genadig, liefde dat U vir my kom haal daar in my verlorenheid en U’s my Heer, U’s my Heer.
13.
8. Ching-ching-ching(Net ‘n bietjie olie in my kruik.) Koor: Net ‘n bietjie olie in my kruik. Net ‘n bietjie olie in my kruik Is dit te min vir ‘n wonderwerk? Net ‘n bietjie olie in my kruik. Net ‘n bietjie olie in my kruik. Is dit te min vir ‘n wonderwerk? Word my laaste druppel U eerste druppel. Bodemloos en in oorvloed Here maak my oë oop… As die laaste druppel val Met my laaste beste maak God die kruike vol. ching ching ching ja Here, ek sien… ching ching ching ja Here, ek sien… Koor: Net ‘n bietjie olie in my kruik. Net ‘n bietjie olie in my kruik Is dit te min vir ‘n wonderwerk? Net ‘n bietjie olie in my kruik. Net ‘n bietjie olie in my kruik. Is dit te min vir ‘n wonderwerk? Instr Word my laaste druppel die eerste druppel Bodemloos en oorvloed Heer maak my oë oop… Word my laaste druppel Met my laaste beste en God maak die kruike vol. ching ching ching ja Here, ek sien… ching ching ching ja Here, ek sien…
14.
13. Gebed vir Sutherland (God van elemente) Koor: Ag Here, Vandag bid ek U wat alles sien en weet en voorsien Ag Here, Vandag bid ek Dat U sal voorsien U maak alles weer groen Laat reën weer op ‘n stofpad val Laai donker wolke met water En gee lewe. Bring die reën Sodat die blomme weer bakhand staan En die poeierbossies weer kan lyf kry Hoor hoe blêr die skapies en die bokkies Ons is gereed (Instr) Here help my sien dat U ook in die droogte staan Want U is die God van stof en grond Maar U is ook die God van water en reën U ‘s die God wat die wind en die lug beweeg En die vuur en vonk aansteek Ons is gereed Vir die Rooidag U oneindige liefde U oneindige liefde kom sprei Oor ons Ons is gereed Dat U oneindige liefde U oneindlige liefde Oor Sutherland kom reën. Al wat ek weet is x3 U is Heer Al wat ek weet is x3 U is Heer Trek die land soos ‘n stofjas Of dalk soos ‘n reënjas aan (Instr) Koor: Ag Here, Vandag bid ek Want ek weet U is die Heer wat voorsien Ag Here, Vandag bid ek En ek vra dat U moet voorsien
15.
4. Miljoene song Soms voel ek soos: twee nulle, drie nulle Vier, vyf, ses nulle Sewe nulle, Ag ‘n zero zero zero Waarde Voel soos ‘n zero! Waarde Las nog ‘n nulletjie by …/dis verby met my Maar U is die Een wat vir my waarde gee U is die EEN wat Hier langs my kom staan En gee my: twee nulle, drie nulle Vier, vyf, ses nulle Sewe nulle, Ag miljoene-joene-joene Waarde Dit word miljoene! Waarde Las nog ‘n nulletjie by! U is die Een wat vir my waarde gee U is die EEN wat Hier langs my kom staan En gee my: twee nulle, drie nulle Vier, vyf, ses nulle Sewe nulle, Ag miljoene-joene-joene Waarde Dit word miljoene! Waarde Las nog ‘n nulletjie by! Brug: Jy sê vir my Kyk al jou foute Ek sê dis als vergewe Jy sê dit raak al erger Sy genade is meer Want U is die Een wat vir my waarde gee U is die EEN wat Hier langs my kom staan En gee my: twee nulle, drie nulle Vier, vyf, ses nulle Sewe nulle, Ag miljoene-joene-joene Waarde Dit word miljoene! Waarde Las nog ‘n nulletjie by! Ja U is die Een wat vir my waarde gee U is die EEN wat Hier langs my kom staan En gee my: twee nulle, drie nulle Vier, vyf, ses nulle Sewe nulle, Ag miljoene-joene-joene Waarde Dit word miljoene! Waarde Las nog ‘n nulletjie by!
16.
Vang die lig 02:06
7. Vang die lig V1. Voel dit of jy weggesteek is onder lae lae grond Weet net dat daar ‘n Heer is wat Sy lig deur jou wil skyn V2. Al gaan jy deur donker tye Al struikel jy oor al die klippe Weet net diamante Is sterker as metaal En diamante… Koor: Vang die lig! Stof jouself af van als wat jou nou terughou Jy is lig Geskape in die beeld van ‘n God wat oor jou waghou En als wat jy uitstraal is die liefde waarmee gemaak is En die rede dat jy Hier geplaas is 100 persent die moeite werd 100 persent van waarde 100 persent uitgekies 100 persent mens.
17.
Wasgoed song 03:33
3. Wasgoed Kyk hoe hang die wasgoed op die draad Soos bont gebede vir my Pa Ek kyk deur my venster En jy kyk deur joune Ek wonder wat sien jy raak? Ek hoop dis iets wat saakmaak. Daars ‘n son wat oor ons almal skyn En die wind waai die wasgoed soontoe Daar’s ‘n bittereinder pennetjie wat altyd haasbek bly hang En maak die kreukels op die lakens en tafeldoeke En jy was jou wasgoed met wit kneukels witter as wit, witter as wit. Totdat die borrels opstaan en die water spat en die wasgoed op die draad bly sit ons word almal beloon vir tyd en moeite maar hier kyk ons almal nog deur vuil ruite… na dit wat buite sit want dis ‘n onstuimige aarde met ewige feilbare mense waarvan ons almal bure is wie sal sê hoe die wind vandag gaan waai? wie sal sê of jy arm of rykman draai? ons almal is op soek ons almal wil iets hê maar dis net gehoop in liefde vensters was en wasgoedbondels en als wat mooi is vir jou vriend ek sien jou aan die anderkant want daar is ‘n Here en Hy was ons witter as wit , witter as witter. Hy stryk al die kreukels En haal al die vuil kolle uit Vir Hom is al jou foute, Wat Hy in waarde vind Vir Hom is al jou foute, Wat Hy in waarde vind Wat Hy in waarde vind  
18.
Brood 02:22
17. Gee my brood Marthie Hauptfleisch, 25 Mei 2011 Vers: Met hierdie snytjie brood Maak ek ‘n dokter groot. Met hierdie snytjie brood Voer ek die president! Of miskien dalk ‘n ingenieur Kom ons kyk wat gebeur! Met hierdie snytjie brood Gee ek ‘n nasie hoop Koor: (kinderstemme) Laat die kinders speel Laat die kinders droom Laat die kinders uitsien na die môre (solo)Want ek gee die snytjie brood (solo en kinderstemme) Maak Afrika kinders groot. Anderkant die treinspoor Het ek iets verloor Maar het dit teruggevind Ja, ek het dit teruggevind. Dit is die liefde in Stellenbosch se strate Dit is die liefde in gee-ende hande Kom weeskinders en afgedwaaldes (Kom) Almal -wat verdwaal is Want ons breek …Brood Brug: Gee my brood… Al is dit net ‘n kleintjie Gee my brood… Al is dit net ‘n snytjie.. Brood… Is daar iemand, iemand, iemand, iemand Wat my sal hoor? Is daar iemand, iemand, iemand, iemand Iemand soos- jy?
19.
14. Lekker verjaar V1. Elke keer wat jy verjaar wil ek vir jou sê Wat jy vir my beteken Koester elke dag Elke tree wat jy trap V2. Elke keer wat jy verjaar Hoop ek jou dag is vol van lig en wonder sal die Here jou spaar vir nog ‘n dag nog ‘n jaar Koor: Lekker verjaar, lekker verjaar Bly vir my nog ‘n jaar gespaar Ek wil hê jy moet weet dat ek altyd vir jou lief is (jy moet)lekker verjaar Brug: jy’s my reismaat vir die lewe jy’s my reismaat vir die langpad saam loop ons die spore vol herin’rings wat ons saamvat (instr) V1. Elke keer wat jy verjaar wil ek vir jou sê Wat jy vir my beteken Koester elke dag Elke tree wat jy trap V2. Elke keer wat jy verjaar Hoop ek jou dag is vol van lig en wonder sal die Here jou spaar vir nog ‘n dag nog ‘n jaar Brug2: ek wil vir jou sê hoeveel ek jou mis ek wil vir jou sê ons sien mekaar te min onthou jy nog al ons goeie tye jy moet lekker verjaar Lekker verjaar, lekker verjaar Bly vir my nog ‘n jaar gespaar Ek wil hê jy moet weet dat ek altyd vir jou lief is Jy moet lekker verjaar, Jy moet lekker verjaar, jy moet lekker verjaar, jy moet lekker verjaar

about

Hierdie is liedjies wat my nie wou los nie- deur die jare is dit doe woorde wat my deur swaar tye gedra het en my aan goeie tye herinner het- en ook aan die feit dat ek waarde het en dat God sy lig deur my (en elkeen van ons) wil skyn.
EK het nuwes bygeskryf en as daar iewers 'n teksvers is wat jou inspireer- stuur hom na my kant toe dan doodle ek onder hom musiekl!
Ek hoop jy geniet dit net so baie as wat ek dit geniet het om dit te maak.
xxx
Marthie
NS. Die Buiteblad ontwerp is gedoen deur Madre Nel- dankie sussie!

credits

released January 22, 2021

license

all rights reserved

tags

about

Marthie Nel Hauptfleisch (Woman on Fire) Stellenbosch, South Africa

When music is your passion
It shows...

contact / help

Contact Marthie Nel Hauptfleisch (Woman on Fire)

Streaming and
Download help

Redeem code

Report this album or account

If you like Marthie Nel Hauptfleisch (Woman on Fire), you may also like: